TUINROETE NUUS - Kansa moedig mans aan om nie siftingstoetse uit te stel nie. Kennis is mag en kan die lewens van mans drasties verander indien hul bewus is van die tekens en simptome van kanker.
Prostaatkanker raak een uit 19 mans in SA. Die tipe kanker ontwikkel in die vroeë fases sonder enige aanvanklike simptome.
Wanneer die siekte egter in 'n gevorderde fase is sal simptome soos die volgende waarskynlik voorkom: ooreising en probleme om te urineer, urine wat lek, bloederige urine en pyn in die bene.
As prostaatkanker vroeg genoeg gediagnoseer en behandel word is die prognose dikwels goed. Kansa se aanbeveling is dat mans gereelde siftingstoetse vanaf die ouderdom van 40 jaar (veral as daar 'n familiegeskiedenis van kanker is) moet ondergaan. Dit word gedoen met 'n bloedtoets wat Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) genoem word.
Die PSA-toets spoor enige afwykings of abnormaliteite van die prostaat op en is beskikbaar by die Kansa-sorgsentrum in George.
Alternatief word almal uitgenooi om die PSA-toets by enige Ampath of Pathcare te laat doen gedurende Junie en Julie vir R120. Vir verdere inligting kontak die Kansa-kantoor (044 874 4824).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'