Gallery Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en lede van sy provinsiale kabinet het vandag, 15 Mei, by Groot-Brakrivier Primêre Skool ’n draai gemaak om daar fietse te oorhandig.
FOTOGALERY: Premier Cycle Tour kom na Groot Brak
Dié besoek en oorhandiging vorm deel van Winde se jaarlikse Premier’s Cycle Tour. Die toer behels onder meer die skenking van fietse aan skole en bewusmaking rondom padveiligheid.
By Groot Brak Primêr het Winde, verskeie kabinetslede en burgemeester Dirk Kotzé die leerders toegespreek en meer vertel oor die inisiatief en die rol wat fietse in ’n mens se lewe kan speel.
Met behulp van sommige leerders wat na vore geroep is, het die groep ook verduidelik watter toerusting (soos ’n valhelm en helder/reflektiewe klere) nodig is om veilig op jou fiets te wees en hoe om mooi na ’n fiets om te sien.
’n Paar leerders van Groot Brak Sekondêr is ook na die geleentheid genooi. Die primêre skool het vyf fietse ontvang en die sekondêre skool 10.
VIDEO: Alan Winde besoek Groot Brak as deel van Premier Cycle Tour
Die fietstoer het op 12 Mei op Plettenbergbaai afgeskop en eindig môre, 16 Mei, op Oudtshoorn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’