MOSSELBAAI NUUS - 'n Glansgeleentheid, vol kant, valletjies, diamanté en blinkertjies het Saterdag, 15 Julie, op Mosselbaai plaasgevind.
Ace Models van Mosselbaai en George het hul heel eerste Miss Ace-funksie by die Diaz Hotel gehou.
Altesame 24 studente van dié akademie het deelgeneem. Die meisies het in vyf ouderdomsgroepe meegeding.
Elani Pretorius, direkteur en afrigter, sê dat sy ongelooflik trots is op haar studente en die groei wat hulle getoon het van verlede jaar September, toe die tak se deure oopgemaak het.
“Ek kry baie goeie terugvoer van ouers wat sê dat hul dogters soveel groei - nie net in modelwerk, maar selfvertroue, en hulle groei as jong dames.
"Die aand was 'n groot sukses en die meisies het in die pragtigste rokke, wat deur Ronel de Beer ontwerp is, paradeer."
Pretorius sê dat 17 van dié meisies die Tuinroete in September sal verteenwoordig wanneer hulle aan Ace Models International se jaarlikse nasionale konferensie deelneem. Die geleentheid sal op Vanderbijlpark plaasvind.
Daar sal 20 ander takke en 1 000 ander modelle betrokke wees.
Jannie Ras (beoordelaar), Ronel de Beer (beoordeelaar en mode-ontwerper), Chane Marx (beoordelaar), Elani Pretorius (Ace Models), Chrisma Theron (beoordelaar) en Kiki Smit (seremoniemeester).
Karli Puren in 'n pragtige rok verskaf deur Ronel de Beer.
Die Ace Models Mosselbaai en George klas van 2023. Foto's: Pret Fotografie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’