MOSSELBAAI NUUS - Die Gamaskop-polisie versoek die gemeenskap om inligting te verskaf aangaande 'n 28-jarige man wat voorheen as restaurantbestuurder op Mosselbaai gewerk het, vir wie 'n lasbrief uitgereik is.
Die man, Hugo le Roux, oorspronklik van Ficksburg in die Vrystaat, het volgens inligting verskeie restaurante op Mosselbaai bestuur.
Le Roux het glo toegang gehad tot 'n stoorplek met toerusting en ander items in Commercial Park, Voorbaai, waar goedere as gesteel aangemeld is.
Dit blyk asof Le Roux betrokke sou wees by die verkoop van goedere ter waarde van R1,5 miljoen. Die verkope het moontlik plaasgevind tussen Desember 2018 en Februarie vanjaar. 'n Saak van diefstal word ondersoek.
Le Roux se laaste adres bekend was Elandslaagte, Hartenbos. Enige persoon met inligting, word versoek om kst Ayabonga Lolo te kontak (044 606 2221).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'