MOSSELBAAI NUUS - 'n Span van die Eden-swartbalfederasie het vroeër die maand aan die Suid-Afrikaanse Swartbalfederasie (SABF) se nasionale kompetisie in Mbombela, Mpumalanga, deelgeneem.
Sebastian Coleridge, 'n radiopersoonlikheid van Eden FM, en sy spanmaats, Servaas Coetzee, John Malgas, Kenneth Windwaai en Bassier Birch, het baie naby daaraan gekom om die trofee huis toe te bring, maar het uiteindelik met 4-13 teen die SAPD-span verloor.
"Ek is geëerd om saam met elkeen van julle te kon speel! Julle het almal julle beste spel gelewer, en dit was 'n absolute plesier om deel van hierdie span te wees," het Coleridge in 'n boodskap op Facebook geskryf.
Die SABF is die amptelike beheerliggaam vir swartbal in Suid-Afrika, en is in 2019 gestig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’