Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Nadat 'n man, net bekend as die Gaurdian Angel ‘n donasie van R100 000 Woensdag, 11 November by die Pep in die hoofstraat van Mosselbaai geskenk het, het chaos binne die winkel uitgebreek en is die winkel gesluit vir die res van die dag.
Lede van die publiek kon klerasie en ander items aankoop maar dit het ontaard in ‘n oorvol winkel en was die bestuur genoodsaak om die winkel te sluit.
Donderdag, 12 November het skares weer voor die winkel vergader maar was die winkel steeds gesluit.
Lede van die gemeenskap wat reeds van vroeg af voor die deur gestaan en wag het, moes weer die aftog blaas nadat plakkate op die venster gesit is dat die winkel vir die res van die dag sal sluit.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Guardian angel donates R100 000 for shoppers at Pep
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'