MOSSELBAAI NUUS - Die verhoor van ‘n pastoor van ‘n kerk op Mosselbaai wat agt aanklagte van verkragting in die gesig staar, gaan vandag in die Mosselbaai-streekhof voort.
Die 60-jarige verdagte is in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem.
Borgtog is tydens ‘n vorige hofverskyning aan hom toegestaan.
Die aanklagte spruit uit beweerde voorvalle in 2021 waartydens ‘n 20-jarige vrou op verskeie geleenthede, onder meer by die kerk op Mosselbaai, na bewering deur die pastoor verkrag is.
Die verdagte het gister onskuldige gepleit op die aanklagte teen hom.
Die verhoor duur vandag voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’