MOSSELBAAI NUUS - Verskeie padaanwysingsborde langs Louis Fouriewag vanaf die N2 in die rigting van Mosselbaai is die afgelope tyd gesteel.
Reeds meer as agt padaanwysingsborde wat belangrike bakens soos Mosselbaai aandui is tussen Danabaai en Mosselbaai gevandaliseer en gesteel.
Padaanwysingsborde in Mosselbaai is ook gesteel.
Vakansiegangers wat vanjaar dus op Mosselbaai vakansie hou is aan hul eie genade oorgelaat wat padaanwysings betref.
Die padaanwysingingsborde val onder die jurisdiksie van provinsie paaie en is dus nie die verantwoordelikheid van die Mosselbaai-munisipaliteit nie.
Die Mossel Bay Advertiser het navrae aan die nodige partye gerig en wag op terugvoer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'