MOSSELBAAI NUUS - Koos en Petro Robbertse het in April hul verjaarsdae gevier. Koos het sy 90ste verjaarsdag en Petro het haar 85ste verjaarsdag gevier.
Die paartjie woon reeds die afgelope 17 jaar in die Aura Aesta-oord op Hartenbos.
Die Robbertse se familie het saamgespan en 'n groot familiefees is vir die spesiale verjaarsdae gehou.
Daar was selfs 'n skaap op die spit en die Robbertse se nageslag wat 28 familielede insluit het die geleentheid saam met familie en vriende bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'