MOSSELBAAI NUUS - Die raadslid vir die Patriotic Alliance (PA) in Mosselbaai, Faizell Porter, het vandag sy bedanking as raadslid ingehandig.
Dít het die Mosselbaai-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Colin Puren, die raad meegedeel voor daar vandag, 28 Maart, met die amptelike maandelikse raadsvergadering begin is.
Dié vergadering begin normaalweg om 09:00, maar die speaker vir die raad, Venolea Fortuin, het raadslede en lede van die publiek ingelig dat die burgemeester, Dirk Kotzé, asook Puren versoek is om voor die vergadering ‘n petisie vanaf lede van die gemeenskap te ontvang. Die petisie handel oor Benevolent Park Ouetehuis.
Porter het hierdie petisie oorhandig waarna hy sy bedanking uit die raad ook aangekondig het. Hy het dit tydens ‘n regstreekse Facebook-video gedoen. In die video sê hy hy gaan nog nie die rede vir sy bedanking bekendmaak nie.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’