MOSSELBAAI NUUS - Terwyl onderwysers van die Junior Academy-kleuterskool in Marshstraat vanoggend voor die skool betoog het en gepleit het dat die kinders terug gestuur moet word skool toe, het ouers van laerskoolkinders in skrille kontras by Ridgeview Primêre Skool en Groot-Brakrivier Primêre Skool betoog oor die oopmaak van skole.
Icosa-leier Dawid Kamfer sê ouers het hul ontevredenheid gewys omdat skole in 'n tyd wat die getalle weens Covid-19 piek, nog leerders aanvaar.
Die ouers eis volgens hom dat skole eers later sal open.
Volgens Kamfer sal hulle die aksie more by die Diaz Primêre Skool voortsit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'