MOSSELBAAI NUUS - Die PetroSA-terrein het parkeerhuise met kothuise waarin mense wat ondersoek word of noue kontak gehad het met iemand wat positief getoets het vir Covid-19, gehuisves word.
Dit is slegs toegerus met basiese meubels.
Mosselbaai-munisipaliteit doen 'n beroep op die gemeenskap om met donasies te help aangesien die meeste pasiënte slegs 'n lae inkomste verdien.
Woordvoerder, Nickey le Roux sê hoewel pasiënte gewoonlik in kennis gestel word oor items wat hulle kan saambring, is sommige pasiënte haweloos.
Die volgende items word benodig: kussings, elektriese ketel, koffie, tee, suiker, pakkies sop, beskuit, tandeborsel, tandepasta, badseep, asook skeermesse en sanitêre doekies.
Ou tydkrifte, Bybels, waspoeier, sowel as mans- en vroueklere word ook benodig. Le Roux sê mense kan ook radios skenk en tweedehandse selfone sodat pasiënte kontak kan maak met die buitewêreld.
Skenkings kan van Maandag tot Vrydag tussen 07:30 en 16:00 afgelaai word by die kantore van die departement maatskaplike ontwikkeling in Marshstraat 34, oorkant die OK Minimark.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'