Meer as 100 kanker-oorwinnaars het aan die oorwinnaarsmars deelgeneem en het vir 'n emosionele byeenkoms gesorg.
Die organiseerders is veral trots op die Mosselbaai gemeenskap vir die bykans kwart miljoen rand wat vir Kansa ingesamel is. Die huidige inkomste is bereken rondom R240 000, met nog fondse wat moet inbetaal word.
Hierdie jaar het verrigtinge in 'n baie besonderse atmosfeer verloop en is lekker gekuier. Daar was veral 'n gevoel van samehorigheid. Die Bokomo Weetbix tent en die eTV 'Photo Booth' het besoekers gaande gehad. Bokomo Weetbix en eTV is van 2012 af nasionaal baie betrokke by Relay For Life. Bokomo Weetbix het reeds aangedui dat hulle volgende jaar weer op 8 en 9 November 2013 die Mosselbaai Cansa Relay For Life wil bywoon.
Die groot borge vir die aand was natuurlik die ATKV Hartenbos, met die beskikbaarstelling van hul terrein, tafels, stoele en vullisdromme, en SND Produksies vir die klank en musiek vir die duur van die geleentheid. Die organiseerders wil ook alle ander borge van goedere, geld en tyd, wat bygedra het om hierdie geleentheid so 'n groot sukses te maak, bedank.

Wie kan Daniel Prins dan kwalik neem as hy so breed glimlag met twee aanvallige dames aan sy sy?

Een van die hoogtepunte van die Cansa Relay for Life byeenkoms hierdie jaar was die valskermspringer wat tot groot opwinding aanleiding gegee het toe op die terrein geland is. Foto: Elaine van der Toorn