MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit waarsku inwoners oor ’n nuwe bedrogspul.
Bedrieërs kontak glo individue, sê hul munisipale rekeninge is agterstallig en dat hul dienste afgesny sal word indien hulle dit nie betaal nie.
Die munisipaliteit sê een inwoner het so ’n voorval op 2 September by hulle aangemeld.
Die inwoner het “aan die munisipaliteit bevestig dat ’n bedrieër wat homself as ‘Michael’ identifiseer, haar, haar eggenoot en haar dogter verskeie kere individueel gekontak het. Die persoon het beweer dat hy ’n munisipale amptenaar van die finansies-afdeling is, en dat hul dienste afgesny sal word tensy betaling onmiddellik gemaak word”.
Van hierdie kommunikasie, sê die munisipaliteit, geskied oor WhatsApp.
Inwoners word gewaarsku om vir hierdie nommers op die uitkyk te wees:
• 082 430 2035
• 064 915 1745
• 067 470 5666
• 082 308 1104
• 079 826 7668
• 082 430 2023
Die munisipaliteit het die volgende benadruk:
• Die munisipaliteit versoek nie betalings via WhatsApp of ongemagtigde e-posadresse nie.
• Alle wettige kommunikasie sal slegs vanaf amptelike Mosselbaai-munisipaliteit-kanale kom.
• Indien jy verdagte boodskappe of oproepe ontvang, moenie daarop reageer nie en rapporteer dit onmiddellik by 044 606 5000 of per e-pos aan admin@mosselbay.gov.za.
• Betalings aan die munisipaliteit sal slegs via amptelike metodes aanvaar word - by munisipale betaalpunte (munisipale kantore) of via elektroniese bankplatforms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’