Breaking News
MOSSELBAAI NUUSFLITS - Omstreeks 07:45 vanoggend, Dinsdagoggend 21 November, is verkeer in ligte reënweer ontwrig toe 'n ongeluk by die kruising van Louis Fourieweg en Casinoweg plaasgevind het.
'n Vragmotor en 'n motor was in die ongeluk betrokke.
Die KwaNonqaba-polisie en onderskeie nooddienseenhede van die dorp het baie gou op oproepe reageer om die betrokkenes van hulp te wees en verkeer te reguleer.
Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.
Sover bekend het niemand ernstige beserings opgedoen nie.
Die vragmotor wat in die ongeluk betrokke was.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'