MOSSELBAAI NUUS - 'n Motorongeluk het Dinsdagmiddag, 8 Oktober in Marshstraat, Mosselbaai plaasgevind. 'n Motorfiets en 'n taxi was betrokke.
Volgens polisiewoordvoerder, adjudant offisier Kappie Kapp, het die ongeluk om 15:00 op die hoek van Marsh- en Zietsmanstraat gebeur.
Kapp het bevestig 'n saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
Noodpersoneel, insluitend die Mosselbaai brand-, redding- en rambestuurdienste, was kort na die voorval op die toneel.
Twee mans het albei ligte beserings opgedoen. Een van die slagoffers, ’n 65-jarige man, is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.
Enige persoon met verdere inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, sersant Bulelani Booi (044 606 2840) kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’