Hoekom? "Sommer vir die lekker daarvan," sê Ursuala Otto van Rawson Eiendomme, "Dis ons erns om 'n verskil in die gemeenskap te maak en veral Leolan lê ons baie na aan die hart."
Tydens die geleentheid Dinsdag, het meeste van die onderneming se personeel vir die eerste keer eerstehands met die leerders van Leolan kontak gemaak.
"Dit was 'n belewenis vir van ons personeel wat nog net op 'n afstand met Leolan te doene gehad het," vertel Ursula.
Alhoewel die 'partytjiegangers' mekaar aanvanklik bietjie skugter aangekyk het, het die sake gou op dreef gekom, veral toe die goud-geel balonne uitgedeel is. Kort voor lank was die lug gevul met seepbelle wat sonder uitsondering partytjiepret beteken.
Aan eetgoed was daar ook geen te kort nie. Een van die sentrum se nuwe leerders, Janie Jurgens, is tot almal se vermaak, tydens die fotosessie gevra om haar vinger in die groot koek, spesiaal gemaak vir die geleentheid, te druk en aan die versiersuiker te proe. Aanvanklik skaam, het sy later met groot oorgawe hieraan meegedoen!
Rawson Eiendomme was einde 2013 verantwoordelik vir die oprigting van 'n omheiningsmuur by Leolan. Volgens Ursula Otto, is hulle egter nog lank nie klaar met hulle welwillendheidswerk by Leolan nie.
"Ons wil binnekort graag die muur verf en boonop die skool se naam daarop aanbring sodat dit goed sigbaar vanaf Louis Fourieweg kan wees."
André Piguet van Rawson Eiendomme en Andrea deel 'n vrolike oomblik. Foto's: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'