MOSSELBAAI NUUS - Die ondersoek na die onverklaarbare verdwyning van die ondergrondse vullishouer (mollok) wat in Floraweg, Danabaai naby die reservoir opgerig is, het bevind dat dit uitgebrand het.
Volgens Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdiens, is ‘n oproep Maandagoggend, 17 Oktober omstreeks 02:00 ontvang. Die oorsaak van die brand is onbekend.
Videomateriaal van verskeie veiligheidskameras in die omgewing sal gebruik word in ‘n verdere ondersoek na die voorval.
Dit is opgemerk dat inwoners gister reeds vullissake en ander rommel op die perseel waar die mollok was begin stort het. Inwoners word versoek om vullissakke in hulle erwe te hou tot die volgende vullisverwyderingsdag en nie uit te plaas waar die mollok was nie.
Inwoners word versoek om vullissakke in hulle erwe te hou tot die volgende vullisverwyderingsdag en nie uit te plaas waar die mollok was nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'