MOSSELBAAI NUUS - ‘n Olieboortoring wat 44 000 ton weeg is tans onderweg in Mosselbaai se rigting.
Operasie Phakisa is ‘n projek wat deur die regering gelei word waarby Total en ander vennote betrokke is.
Die olieboor sal na verwagting vir die res van die jaar en volgende jaar tussen 40km en 110km suid van Mosselbaai boor.
Minstens tien gate sal geboor word waar die seebodem tussen sowat 600m en 2000m diep is. Die boorgate is in Blok 11B en Blok 12B. Na verwagting, sal Total bykans R1,5 miljard in die land bestee as deel van die boorprogram.
Intussen het verskeie omgewingsgroepe egter te kenne gegee dat hulle teen die regering se plan vasskop. Die groepe is woedend omdat hulle meen Total se openbaredeelnameproses was na bewering nie voldoende nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'