MOSSELBAAI NUUS - NSRI stasie 15, Mosselbaai, het die afgelope Saterdag, 21 Januarie 'n baie suksesvolle induksie-program vir 15 voornemende bemanningslede aangebied.
Die opleidingspan het die nuwe belangstellendes eers vertel van die ryk geskiedenis en verskillende loopbaanrigtings van stasie 15 waarna almal die geleentheid gehad het om al die verskillende bote asook toerusting waarmee hulle te doen gaan kry, te leer ken.
Die laaste aktiwiteit was om almal in die water te kry om te sien of almal gemaklik is met 'n kort swem, om 'n bietjie water te trap en intrekke op die boot.
In die volgende maand sal die voornemende bemanningslede elkeen 'n persoonlike onderhoud met die bestuur hê waarna daar bepaal sal word wie die nuwe inname van leerling-bemanning sal wees.
Stasie 15 bedank alle belangstellendes vir die bywoning van die induksie-program.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'