MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Noelline du Preez (née Fourie) word op 11 Oktober, 101 jaar oud.
Sy haar BA-graad met Latyn en Engels as hoofvak aan die Universiteit van Stellenbosch behaal waar sy ook 'n inwoner van die koshuis, Harmonie was.
Noelline se seun, prof Jan du Preez gaan spesiaal vanaf KwaZulu-Natal na Mosselbaai reis om by sy ma se spesiale verjaarsdag te wees. Die Du Preez's is 'n geleerde familie en het al verskeie suksesse op akademiese gebied behaal.
Noelline lees elke dag haar Bybel en is bekend vir haar liefde vir boeke en lees.
Sy was ook nog altyd lief daarvoor om haar eie klere en krale te maak en het bekendheid verwerf as die stigter van die Mosselbaai Tuinbouklub.
Noelline woon tans by haar dogter, Linda Claassens wat haar versorg.
Haar kleindogter, Lorinda Claassens het ervaring in versorging en gee ook gereeld goeie advies.
Noelline was vir 63 jaar met Jan Lourens (Lourie) du Preez getroud. Hy is in die ouderdom van 92 oorlede.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'