MOSSELBAAI NUUS - Groot name in die media bedryf was vanoggend op Mosselbaai vir Netwerk24 se laaste lesersontbyt ter viering van sy 10de bestaansjaar.
Hierdie ontbyte is ook vanjaar in Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein en Gqeberha onder die titel Wat’s Nuus met Mia Spies aangebied.
Gedurende dié ontbyte het Spies en die gaste op haar paneel die volgede onderwerp ondersoek: Suid-Afrika se Ongekende Pad: Beweeg ons in die regte rigting?
Hulle het onder meer bespreek of Suid-Afrika op koers na ’n beter bestemming is na die Mei-verkiesing en of die ongekende terrein onheilspellend is.
Op Mosselbaai het die paneel bestaan uit Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, Christo van der Rheede, van die F.W de Klerk-stigting, Dawie Boonzaaier, politieke verslaggewer van Rapport.
Willem Jordaan, Christo van der Rheede en Dawie Boonzaaier.
Die groep was dit eens dat, hoewel baie aspekte tans die delikate politiese balans in ons land kan beïnvloed, die voortuitsig positief lyk.
Na afloop van hierdie gesprek het Jordaan as fasiliteerder opgetree in nog ‘n gesprek met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut Wes-Kaap en Archie Lewis, die voormalige adjunkdirekteur-generaal van institusionele ontwikkeling en koördinasie vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement.
Archie Lewis en dr. Willie Cilliers.
Dié drie het gesels oor die goeie nuus wat reg rondom ons is en ook gefokus op onderwys, die belangrike rol wat onderwysers in ons gemeenskappe speel en die ruimte vir geleenthede wat geskep moet word om entrepreneurs ‘n kans op sukses te gee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’