MOSSELBAAI NUUS - "My hart is só seer." Dit is die woorde van Flip April, pa van die 17-jarige Diego Wessels, wat op Saterdag 27 Junie wreed doodgesteek is.
Lede van die Mosselbaai-gemeenskap het Woensdagaand, 1 Julie, in Rosebudstraat, D'Almeida, bymekaargekom vir 'n emosionele roudiens ter ere van Diego se lewe.
Onder die teenwoordiges was sy broer en suster, Devandré (15) eN Melissa (12), sy ma, Mandy, en onderwysers van Hoërskool Sao Bras, waar Diego 'n gr. 11-leerder was.
Diego Wessels
Diego is in Rosebudstraat doodgesteek nadat die verdagte, Derren Edwards (in sy 20's), wat intussen in hegtenis geneem is, hom glo daarvan beskuldig het dat hy sy motorbande gesny het.
'n Kruis is geplant waar Diego vermoor is en die gemeenskap het 'n herdenkingsmuur agter die kruis met foto's van dié jong rugby- en krieketspeler geskep.
Sy begrafnis sal Saterdag 11 Julie plaasvind.
Familie en vriende van Diego Wessels tydens sy roudiens. Foto: Gabriélla Siebritz
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’