MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het op Vrydag, 15 Desember in die Mosselbaai-landdroshof met Gavin Dyssel van Powertown buite die hof geskik.
Dit volg nadat 'n hofbevel teen die Mosselbaai-munisipaliteit toegestaan is nadat Dyssel se ma se woning afgebreek is.
Dyssel se ma het intussen na Sonskynvallei verhuis en die woning het aan haar behoort.
Volgens raadslid David Kamfer is die hofaansoek gebring om die struktuur te herstel.
Volgens adv Thys Giliomee, munisipale bestuurder, is daar op regsadvies besluit om met Dyssel te skik om verdere regskoste te vermy en sodoende die saak so gou moontlik af te handel.
Die aard van die skikking is nie aan die Mossel Bay Advertiser bekend nie, maar dit is wel bevestig dat dit nie behels om weer die struktuur op te rig nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'