Update
MOSSELBAAI NUUS - Na gesprekke met diegene wat onwettig oornag op dagbesoekfasiliteite by Souwesiastrand, het die Mosselbaai munisipaliteit 'n vergunning gemaak dat kampeerders wel Oujaarsnag op die terrein mag oornag, hoewel die terrein nie vir oornagkampering ingerig of geskik is nie.
Diegene wat nie intussen die munisipaliteit se versoek om die terrein te verlaat gehoorsaam nie, is boetes opgelê wat onmiddellik betaalbaar is.
Oornagkampering word nie toegelaat nie omdat die nodige ablusiefasiliteite nie bestaan nie.
Fasiliteite wat in die verlede bestaan het, is sodanig gevandaliseer dat dit vir veiligheidsredes verwyder moes word.
Dagbesoekers word nie 'n fooi gehef vir die gebruik van die fasiliteite nie.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'