Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Munisipaliteit bevestig dat Souwesia slegs vir dagkampering gebruik mag word.
"Geen oornagfasiliteite is beskikbaar nie en om daar te oornag is ‘n oortreding."
Volgens die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee maak die munisipaliteit ‘n vergunning ten opsigte van 24 Desember en 31Desember wanneer oornagkampering wel daar toegelaat word.
"Geen ander oornagkampering mag daar plaasvind nie."
Waterkwessie
Volgens Giliomee ontvang die munisipaliteit gereeld klagtes van geen of baie lae druk water, veral vanaf die Diasstrand area.
"Alle toevoer is oop maar weens die groot hoeveelheid vakansiegangers is die toevoer gewoon nie genoeg om in die vraag te voorsien in areas met ‘n hoë digtheid van vakansiebewoning nie."
Die probleem word veral tussen 08:00 en 10:00 ondervind.
"Alle inwoners en besoekers moet asseblief water spaarsamig gebruik en geen tuine mag besproei word tussen 06:00 en 20:00 nie, veral nie in areas
soos Diasstrand nie," sê Giliomee.
Lees 'n vorige artikel: Onwettige kampeerders moet kampterrein verlaat
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'