MOSSELBAAI NUUS - Motoriste op Mosselbaai word gemaan om seker te maak dat voertuie by parkeerterreine buite winkelsentrums gesluit is.
Dit volg nadat daar toegang tot ‘n voertuig duskant die Bayside Centre op Mosselbaai verkry is, vermoedelik deur “remote jamming”.
Dit is ‘n nuwe tendens waarin diewe ‘n afstandbeheerder gebruik om te verhoed dat jou voertuig sluit wanneer jy wegstap en jou afstandbeheerknoppie druk.
‘n Werknemer van die Mossel Bay Advertiser se wit tablet en baadjie is vermoedelik op die wyse vanoggend uit haar voertuig gesteel. Sy het klag van diefstal by die Mosselbaai-polisiestasie aanhangig gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'