Hierdie program is spesifiek gemik op die sogenaamde ‘skaam kanker’ soos bors-, testikulêre-, kolorektale-, serviks- en prostaatkanker. In sommige gemeenskappe bestaan daar baie vrese, stigma, kulturele taboes en ook ‘n gebrek aan kundigheid wat daartoe lei dat hierdie tipes kanker nie aangespreek en behandel word nie.
Mense in hierdie gemeenskappe vind dit dus moeilik om hieroor te praat en hulself te ondersoek, wat beide noodsaaklike elemente is in die vroeë opsporing en suksesvolle behandeling van kanker.
Tydens die Cancer.vive-veldtog, vertel kankeroorwinnaars hul stories van hoop en bemagtig gemeenskappe op hierdie manier om terug te veg teen kanker.
Vanjaar het die veldtog van 25 September tot 4 Oktober gestrek en het ‘n groep van ongeveer 60, insluitend oorwinnaars en ‘n ondersteuningspan, die tog van ongeveer 2300km aangepak.
Ongeveer 10 000 mense is tydens die veldtog deur Gauteng, KwaZulu-Natal en die Vrystaat bereik.
"Tydens die veldtog fokus ons daarop om gemeenskappe te inspireer en beklemtoon veral die belang van vroeëre opsporing. Dit is ook belangrik dat kankerpasiënte moet besef dat hulle nie alleen is nie," het Magda gesê.
Amy Jansen, gereed vir die wegtrek op die Cancer.vive-span se 2300km-tog.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'