MOSSELBAAI NUUS - Vir twee Mosselbaaiers was die klappertandkoue op Mosselbaai nie vandag genoeg nie. Hulle het gekies om eerder in die sneeu by die Swartbergpas te gaan baljaar.
Die maksimum temperatuur in Mosselbaai vandag was 12 °C.
Raymond en Adelita Low het besluit dit is nie koud genoeg vir hulle nie en het na die Swartbergpas gery om mekaar daar met sneeuballe te gooi.
Raymond Low gooi 'n sneeubal.
Hoewel die pas gesluit was, kon die Lows wel tot by 'n gedeelte kom waar hulle 'n sneeuman gebou het.
Inwoners het hulself vanmiddag aan branders by Die Poort verkyk en by Mosselbaai se gewilde Inner Pool het branders kort op mekaar gevolg.
Die Suid-Afrikaanse weerburo sê koue weer sal na verwagting nog die week voortduur. Sterk wind word vir veral Maandag, Dinsdag en Woensdag voorspel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’