MOSSELBAAI NUUS - Angelina Fillies het nie net met haar verjaarsdag op 11 Januarie 88 jaar gevier nie, sy het sommer ook 88 kindertjies met lekkergoedpakkies bederf!
"Sy't 'n groot liefde vir kinders," en daarom die verjaarsdagprojek, vertel haar dogter, Christelene.
"My ma is een van die oudste inwoners in wyk 9 en een van die oudste gemeentelede van die St. Blaize Rooms-Katolieke Kerk."
Christelene het diegene wat die projek moontlik gemaak het, bedank: "God seën julle en verbreed jul ingang en uitgang."
Nog 'n spesiale bederf op dié dag, vir Angelina én die kinders, was toe sy vir elk 'n verf-drukkie gegee het - nou het elkeen ma/ouma se handafdrukke in verf agterop hul T-hemde verewig.
Angelina Fillies
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’