MOSSELBAAI NUUS - 'n Mosselbaai-tiener, Sanchia Petersen, is onlangs as 'n finalis in die Mej. Tiener-kompetisie, aangebied deur Huisgenoot, gekies.
Om dit tot op die top 30-lys te maak was een ding, maar om die top 10-finaliste te haal is iets anders.
"Ek was baie bly en opgewonde toe ek die nuus kry," het Sanchia, wat tans onder ACE Models se Mosselbaai- en George-takke gekontrakteer is, vir Mossel Bay Advertiser gesê.
Dit het alles begin met 'n inskrywingsvideo vir Huisgenoot waarin Sanchia meer uitgebrei het oor wie sy as 'n persoon is en wat modelwerk vir haar beteken.
"Modelwerk gaan nie net oor wat jy dra of hoe jy lyk nie, maar dit help ook om selfvertroue te hê en ander te inspireer," sê sy op die video, wat ook op haar TikTok-blad geplaas is.
Verlede jaar is sy as Mej. ACE Model van die Jaar gekroon.
Sanchia, 'n pragtige meisie van 16, sê sy is meer as voorbereid vir die laaste ronde van die Mej. Tiener-kompetisie. Sy neem al sedert agtjarige ouderdom aan skoonheidskompetisies deel.
Op die verhoog straal sy selfvertroue uit - sy struikel nie, sy loop met haar kop omhoog en 'n groot glimlag op haar gesig.
Verlede jaar is sy as Mej. ACE Model van die Jaar gekroon.
Sanchia se ma, Leonie, sê sy is ongelooflik trots op haar. "Dis haar ding, en ek bid altyd vir haar," sê sy.
Sou Sanchia die volgende Mej. Tiener word, sal sy op Huisgenoot se voorblad verskyn, verdere onderhoude vir die tydskrif voer en prysgeld van R10 000 ontvang.
Sy beplan om van dié geld vir liefdadig-heidswerk in Mosselbaai te gebruik, en die werk wat sy reeds vir die insameling en uitdeel van sop en vir Paasfees-fondsin-samelings doen, voort te sit.
Dis nou die publiek se kans om vir hul gunstelingfinalis te stem. Die stemmery is tot 31 Julie aan die gang en kan op huisgenoot.com gedoen word.
Die wenner sal in Augustus aangekondig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’