MOSSELBAAI NUUS - George Wannies, ook bekend as ‘Oom Baba’ is ’n jare lange inwoner van Mosselbaai, en sal vandag, Saterdag 15 Augustus sy 90ste verjaarsdag, saam met familie en vriende vier.
Hy is in 1936 by Klipplaat in die Oos-Kaap gebore. In 1968 het hy na Mosselbaai verhuis. Hy het eers by die poskantoor gewerk en later by Transnet in Mosselbaai.
George was ook ’n ywerige rugbyspeler wat vir die Mosselbaai Marlyne gespeel het en was ook deel van die voormalige Spring Roses-rugbyklub in Mosselbaai. Hy het in 1990 afgetree.
Sy eerste vrou, Joyce, is in 1990 oorlede, en in 2000 is hy met Tina getroud. Hy het nege kinders gehad - Jennifer, Michael, Cavil, Elroy, Georgia, Vanessa, Dennis, Edward en Audia.
Hy geniet die geselskap van sy skoonseuns en skoondogters, Richard, Neil, Jennifer, Cathlene en Felicity saam met sy 18 kleinkinders en 28 agterkleinkinders, terwyl hy sy tyd in sy tuin deurbring.
As gevolg van sy liefde vir tuinmaak het George ook tuinwerk vir die Mosselbaai-munisipaliteit gedoen.
‘Oom Baba’, derde van links, toe hy vir Mosselbaai se Marlyne-rugbyspan gespeel het. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’