MOSSELBAAI NUUS - Brandbestryders in Mosselbaai het op Vrydag, 13 September, Angel Kids kleuterskool besoek.
Die Mosselbaai brandweer het tyd saam met die kleuterskool se kinders deurgebring en 'n demonstrasie oor brandveiligheid uitgevoer.
Elke kind het ook 'n beurt gehad om die brandslang te bedien.
Angel Kids kleuterskool wil graag die brandweer bedank wat elke kind ekstra spesiaal laat voel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’