Sy hartseer dogter, Marlene, het aan die Advertiser vertel hoe lief haar pa vir die viswaters was. "Hy het gesê hy wil net nooit verdrink nie, maar tog het hy gegaan daar waar hy die liefste was om te wees."
Robbie was veral bekend vir die herstelwerk wat hy aan skuite in die hawe gedoen het. Hy is op Donderdag, 2 Februarie begrawe en 'n gedenkdiens is om 11:00 in die Mosselbaai NG-Suid Gemeente vir hom gehou.
Sy familie het die nooddienste, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Koos Coetzee van die duikeenheid, Gerhard Otto van Eden Brandweer, J Johnston van Mosselbaai Brandweer, Metro Rescue, Richard Botha, NSRI, Dawie Swiegelaar asook Chris van Forensies bedank.
Sy dogter Marlene het in 'n hartroerende brief vir haar pa gesê haar pa se tafel is nou gedek in Jesus se huis. "In God se hande rus pa nou. In ons harte sal pa en oupa altyd met liefde onthou word."
Robbie was 'n bekende gesig langs die viswater en baie lief vir visvang.