MOSSELBAAI NUUS - Volgens ‘n verklaring van Lightstone-datamaatskappy is Desember 2024 se top twee vakansiebestemmings in die land hier is ons midde.
Uit ‘n top 15 wat geïdentifiseer is, beklee Mosselbaai die topposisie met Groot-Brakrivier tweede.
Jeffreysbaai was volgende op die lys, gevolg deur Plettenbergbaai, Stilbaai en Groot-Jongensfontein.
Ander topbestemmings in die Wes-Kaap sluit in Hermanus, Knysna, Langebaan en Struisbaai.
St Francisbaai en Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap was ook gewild.
In KwaZulu Natal was Margate, Southbroom, Salt Rock, Ballito en Port Edward die gunstelinge.
Van die bestemmings wat die grootste persentasie groei gedurende Desember ervaar het is Buffelsbaai, Nature’s Valley, Boggomsbaai, Gouritsmond, Oesterbaai, Keurboomstrand, Cape St Francis, Stilbaai, Groot-Jongensfontein, Morgansbaai, Witsand, Strandfontein, Pearly Beach, Struisbaai en Kenton-on-Sea.
Hierdie statistieke kom vanuit data wat Tracker aan Lightstone verskaf het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’