Video
MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskap het vanaand, Sondag, 11 Januarie by die ATKV Hartenbos Amfiteater in gebed saamgekom ná die brande wat die afgelope week in Mosselbaai gewoed het.
Die Mosselbaai NG gemeentes het vroeër in die week ’n beroep op inwoners gedoen om op dié dag saam vir die dorp te bid - vir herstel, vir beskerming, en vir hoop en reën.
“Met die ramp wat ons dorp getref het hierdie week met die brande, is ons as kerk diep geraak om by te dra tot hulpverlening.
“Ons sien hoe ‘n gemeenskap hande vat in krissistye en almal ook die hartseer en verlies van gesinne wat huise verloor het ervaar,” het ds. Pierrie Kies vooraf gesê.
Intussen het die NG Gemeentes in Mosselbaai ’n nood- en rampfonds op die been gebring. Die fondse wat ingesamel word, word in oorleg met die Mosselbaai-munisipaliteit se fondse afdeling en ander welwillendheidsorganisasies betrokke aangewend.
VIDEO: Gemeenskap in gebed ná Mosselbaai-brande
Video: Tersia Marais
Kies het gesê hulle wou graag ’n geleentheid skep om die gemeenskap saam te kry: om ’n gebedsgeleentheid te hou waar hulle as gemeenskap saam kon bid vir die ramp en ook die geweldige droogte wat tans in die Suid-Kaap ervaar word.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’