MOSSELBAAI NUUS - Tyroyd Arendse (13) het die afgelope naweek nog 'n goue medalje by sy groeiende versameling gevoeg.
Tyroyd is 'n leerder van Diaz Primêre Skool op Mosselbaai.
Die atleet het op Saterdag, 22 Februarie, aan die Eden-streekbyeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem. Hy het in die 800m-wedloop 'n eerste plek verower.
Ander atlete van Mosselbaai het ook goed vertoon.
Ander uitslae is:
Loop
Meisies o.13: Delaney du Toit - 1500m, brons.
Verspring
Meisies o.9: Elrie Britz, silwer.
Seuns o.9: Joahin Hendriks, goud.
Meisies o.13: Chioma Ofeffor, goud en Zaylia Ferreira, silwer.
Hoogspring
Seuns o.13: Miguel Prins, goud.
Meisies o.12: Mia Rossouw, silwer.
Atlete van Mosselbaai, George, Oudtshoorn en Hessequa het deelgeneem.
Gewigstoot
Seuns o.10: Luke Winter, goud.
Meisies o.10: Salma Kriel, silwer en Merenské Fourie, brons.
Seuns o.11: Christiaan de Beer, silwer.
Spiesgooi
Seuns o.12: Connor Beavan, silwer.
Hekkies
Seuns o.10: Lange Nkalithsana - 70m, silwer.
Meisies o.12: Miane Shutte - 75m, goud.
Seuns o.12: Luan van Zyl - 75m, goud en Endré Duvenhage - 75m, goud.
Meisies o.13: Mieke Swart - 75m, brons.
Seuns o.13: Miguel Prins - 80m, goud.
Lang afstand
Seuns o.9: Kian Ohlson - 1200m, silwer.
Atlete van Mosselbaai, George, Oudtshoorn en Hessequa het deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’