MOSSELBAAI NUUS - Die NG Moedergemeente Mosselbaai het op Saterdag, 31 Mei, sy jaarlikse Dankfeesbasaar gevier.
Volgens die gemeente was dit ’n onvergeetlike basaar waar die liefde van die gemeenskap sentraal gestaan het.
Met Kalahari-lammers, kerriesosaties, pannekoek, toeknypbroodjies, basaarpoeding en ander lekkernye was dit ’n ware fees vir die hele gesin.
Daar was ook ’n kindertent en die gewilde Klipkerk-basaarwedloop is sterk bygewoon. Die drawwers het aan die 5 km- of 10 km-wedloop deelgeneem.
Die vleistafels was veral gewild.
“Hierdie basaar was meer as net ’n byeenkoms, dit was ’n viering van die Here se getrouheid oor ons gemeente. Die gemeente bedank almal wat hierdie geleentheid spesiaal gemaak het,” sê ds. Dean Bentley.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’