MOSSELBAAI NUUS - Die minister van gesondheid en welstand in die Wes-Kaap, Mireille Wenger, het vandeesweek 'n besoek aan die Mosselbaai provinsiale hospitaal afgelê.
Wenger het na die besoek verwys as 'n luister-en-leer besoek.
Verskeie rolspelers, insluitend hospitaal personeel, lede van die hospitaal se raad asook raadslede was teenwoordig met die besoek op Woensdag, 14 Augustus.
Besonderhede oor die dag-tot-dag bedrywighede van die hospitaal is aan die minister voorgelê.
Diegene teenwoordig het ook die geleentheid gekry om van hul bekommernisse teenoor die minister uit te spreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’