Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Warren en Elizna van der Weide is die trotse eienaars van die nuwe MANZI Water-winkel wat onlangs in Siouxstraat, Voorbaai in Mosselbaai geopen het.
Met meer as 120 winkels in Suid-Afrika is MANZI Water beslis nie net nog ‘n waterwinkel nie.
Hulle volg ’n streng 6-stap-watersuiweringsproses, insluitend tru-osmose, UV en osoon-behandeling, met maandelikse laboratoriumtoetse waarvan die resultate in die winkel beskikbaar is.
Buiten skoon, veilige drinkwater wat kliënte teen slegs R1.40 per liter in hulle eie houers kan hervul, bied MANZI Water ook gebottelde water, ’n reeks gegeurde water, ’n verskeidenheid 100% vrugtesappe, sportdrankies en ys aan.
Warren en Elizna nooi alle inwoners om gerus in te loer of hulle te kontak by 082 903 7007 of mosselbaai@manzi.co.za vir enige navrae.
MANZI Water se winkelure is Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’