Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 22-jarige man wat op Woensdag, 15 Julie op die N2 naby Langeberg Mall in ‘n tragiese ongeluk dood is, het sy 16-jarige niggie met sy fiets by Sonskynvallei gaan haal, sodat sy vandag, Donderdag, 16 Julie kon teruggaan skool toe.
Die polisie sê die oorledene, Christopher Saayman het met sy fiets vanaf Highway Park gery om sy niggie met die fiets op te tel waarna die twee oppad terug was huistoe, toe ‘n wit Toyota Fortuner hulle ongeveer 100m voor die U-draai wat opgaan na die N2 getref het.
Polisiewoordvoerder, Kaptein Wollie Fourie sê die 60-jarige bestuurder het in die rigting van Kaapstad gery toe hy die fiets tref. Die voorval het ongeveer 18:33 gebeur. Christopher is in die voorval dood en sy niggie het onder meer haar enkel gebreek.
“Dit was bloot ‘n tragiese ongeluk. Die tienermeisie het van die fiets afgeval en die bestuurder het haar ‘n ent verder in die gras opgetel. Die bestuurder, wat vanaf Gouritsmond kom, was geweldig geskok. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.
Vorige artikel: One dies in accident on N2
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'