MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man is vanoggend, op Woensdag, 19 Mei dood toe sy plakkershut in KwaNonqaba op Mosselbaai aan die brand geslaan het.
Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, sers Kappie Kapp het die polisie om 05:45 ‘n verslag van ‘n brand by Gentswanarylaan ontvang.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuurdienste was op die toneel en het die brand geblus.
“Kort daarna het ons die liggaam van ‘n 33-jarige man in die plakkershut ontdek.” Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'