HARTENBOS NUUS - 'n 70-jarige man is vanoggend, 17 Februarie, oorlede ná hy op die ATKV Wandelroete op Hartenbos inmekaargesak het.
Volgens Juan Barnard van By Grace Emergency Medical Service, het hulle net voor 08:00 'n oproep oor die voorval van 'n lid van die publiek ontvang.
Die man het na wat verneem word naby blok D van die ATKV-staanplekke inmekaargesak.
Barnard sê sy span en ER24 nooddienste het saam op die toneel aangekom en die nodige prosedures begin volg.
Die man is op die toneel dood verklaar. Die amptelike oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’