MOSSELBAAI NUUS - ‘n 37-jarige man is met agt meswonde aan sy liggaam op Woendag, 13 Julie op Mosselbaai gevind.
Polisiebeamptes van die Mosselbaai-polisiestasie het om ongeveer 12:00 op die man in Gys Smalbergerstraat afgekom nadat hy daar inmekaar gesak het.
Die polisie se kommunikasiebeampte, ao Pieter Koekemoer sê ‘n ambulans het die slagoffer na ‘n hospitaal op Mosselbaai afgevoer.
“Die slagoffer beweer hy is deur ‘n onbekende man by die grotte naby die Punt aangeval.” Koekemoer sê hulle vermoed die man is werkloos en slaap snags in die grotte. Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'