GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ’n Negentienjarige man is hierdie week in hegtenis geneem na twee onlangse huisbraakvoorvalle op Groot-Brakrivier.
Die Groot Brak-polisiewoordvoerder, sers. Lauriane Botha, sê verlede Vrydag, 9 Mei, is ’n fiets ter waarde van R3 500 gesteel, en Maandag, 12 Mei, is ’n skootrekenaar ter waarde van R9 000 gesteel.
Botha sê die man is Maandag op albei klagtes gearresteer, en beide items is teruggekry.
Die verdagte sou na verwagting dié week in die hof verskyn het. Die uitslag van sy verskyning is nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’