MOSSELBAAI NUUS - “In ‘n oogwink kan mens se lewe handomkeer verander,” sê die ma van die dogtertjie (9) wat byna gisteroggend, 26 Desember, by Diasstrand verdrink het.
Huldi du Plooy sê haar dogtertjie, Madeli, is gelukkig oukei en is later daardie oggend uit die hospitaal ontslaan.
“Madeli het flou geword in die see, met haar pa en sussie by haar. Binne sekondes was mense en lewensredders by haar. Sy het vir ‘n oomblik nie asem gehaal nie en moes mond-tot-mond-asemhaling kry.
“Diasstrand se lewensredders was uitstekend en ek wil graag spesiaal dankie sê aan hulle en die noodpersoneel aan diens.
“Ek wil veral dankie sê aan Wikus Smith, een van die lewensredders wat mond-tot-mond-asemhaling moes toepas. Hy het sover gegaan om kontak te maak en het Donderdag by Madeli ingeloer en seker gemaak sy is oukei.”
Carlo Klaasen was daar as die lewensredderbestuurder en Jean Coetzee as die toesighouer.
Die lewensredderspan het verder bestaan uit Leo Fraser, Kahlo Douglas, Wikus Smit, Nicholis Vermeulen, Jean Joubert, Hanru Kuun, Stefni-Ann Schlag en Erik le Roux.
Hoewel die lewe in ‘n oogwink kan verander, sê Huldi, “God stuur engele oor ons pad en het ons Donderdag so engel ontmoet en kan ons net op ons knieë gaan in dankbaarheid!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’