MOSSELBAAI NUUS - Dit lyk asof die toerismewêreld nie genoeg kan kry van ikoniese Mosselbaai en sy menige besienswaardighede nie.
Vier van die luukse skepe het reeds die week in die baai kom anker gooi met sowat 800 passasiers wat die dorp Dinsdag, 20 Desember besoek het.
Volgens die burgemeester van Mosselbaai, Dirk Kotzé, is die besigheidsmense in die dorp baie tevrede met die besoekers aan die dorp.
Foto's: Johan Swanepoel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'