MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van 'n onbekende man is vanoggend, 30 Desember, rondom 11:00 op die rotse tussen De Bakke- en Dias-strand deur sekuriteitsmanne gevind.
Volgens die woordvoerder van die Mosselbaai-polisie, adjudant-offisier Pieter Koekemoer, het die man 'n merk teen sy kop gehad wat die vermoede skep dat hy gegly het en sy kop teen die skerp klippe gestamp het.
Verdrinking is op hierdie stadium uitgesluit as rede van sy dood. 'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. Die persoon was geklee in 'n denim broek met 'n donkerblou en wit T-hemp.
A/O Adéle Binneman van die Da Gamaskop-polisiestasie kan op 044 606 2201 gekontak word vir inligting wat kan lei tot die identifisering van die oorledene.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'