MOSSELBAAI NUUS - Personeel van die Life Bay View privaathospitaal het gister weer eens bewys hulle is oorgehaal om enige gebeurlikheid of noodgeval te kan hanteer.
Die hospitaal se jaarlikse brandbestrydingsoefening, wat volgens wetgewing uitgevoer word, het seepglad verloop.
"Die oefening word juis hierdie tyd van die jaar gedoen omdat dit die stilste tyd is aangesien heelwat dokters met vakansie is en die oefening dus die minste moontlike ontwrigting meebring," berig die hospitaal se woordvoerder, Elzaan Moelich.
"Alle pasiënte en dokters is wel in kennis gestel dat daar 'n oefening sal plaasvind. Geen pasiente is ontwrig of onkant gevang nie."
Studente is ingespan as "pasiënte" vir die brandoefeening. Hier is die ambulansdienste by die versamelpunt besig om al die pasiënte te observeer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'