MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit sê in 'n verklaring wat op sosiale media versprei is, die Life Bay View-hospitaal is tans op 100% kapasiteit vir alle opnames. "Slegs hartpasiënte sal opgeneem word, geen ander beddens is beskikbaar nie."
Pasiënte sal vervolgens volgens die munisipaliteit na Kaapstad of Port Elizabeth verwys word, aangesien daar geen beddens by die ander privaat-hospitale in die distrik beskikbaar is nie.
Munisipale woordvoerder, Nickey le Roux sê inwoners word weer eens versoek om die gereelde aanmanings oor voorkomende maatreëls ernstig op te neem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'